top of page
SPORT EN KULTUUR

Onderwysers is ook toegerus om in sekere sportsoorte afrigting aan te bied. Sportsoorte wat by Centurion Christelike Laerskool aangebied word: atletiek, sokker, bulletjierugby, netbal, hokkie. 

​

Sportgeleenthede is onder andere:

  1. Huissport

  2. ICO- byeenkoms waar ons teen al die ander ICO-skole in atletiek meeding.

  3. Mini-Argus-fietswedren waar die leerders met hulle fietse wys hoe fiks en vinnig hulle is.

 

Hier word ‘n kultuur van dankbaarheid uitgeleef en daarom kan almal betrokke wees by kultuuraktiwiteite. Deel van kultuur is die godsdienstige feeste waarby almal betrokke is.

274026543_5159628207414760_4069659821097272666_n.jpg
ATLETIEK

Op julle merke, gereed, ATLETIEK!

​

Ons skool se atletiek is ‘n hoogtepunt elke jaar. Die hele skool neem deel. Almal sing, skreeu, hardloop, gooi, spring en geniet die dag! Daar is drie spanne: Koedoes wat geel dra, Gemsbokke wat blou dra en Elande wat rooi dra. Daar word medaljes uitgedeel. Trofees gewen. ‘n Groot tradisie is die volwassenes wat aflos hardloop. Daar word ook stalletjies beman wat koeldranke en kosse verkoop.

Screenshot 2022-12-02 at 23.01.28.png
DRAMA

Drama bou selfvertroue, help met spraak, ontwikkel kreatiewe denke en konsentrasie en is boonop hope pret!! Kontak tannie Laurinda, ons Drama-kenner, indien jy meer inligting wil hê. (drama@laurindapretorius.co.za)

IMG_1004.jpg
JAARLIKSE SKOOL KONSERT

Die skool het jaarliks ‘n geleentheid waar al die leerders ‘n kans kry om op te tree. Dit wissel van ‘n talentfees, konsert, kersspel, kultuuraand en ander kreatiewe geleenthede.

CollageMaker_20210424_134020728.jpg
ANDER KULTUURAKTIWITEITE
  • Skaak: Leerders kry geleentheid om te speel vir genot, maar spanskaak en individuele skaak vind ook plaas en ons breinkrag word gereeld teen ander skole gemeet.

  • Redenaars: 

  • Jaarliks vind ‘n interne Praatjie-aand plaas. Ouers besluit indien aan die ATKV- en ander redenaarskompetisies deelgeneem wil word. Ons hoop om sommer baie meer van hierdie sprekers in die toekoms te hoor!

  • Eksterne Kunstefeeste: Daar is verskeie kunstefeeste soos die Kraalkunstefees en die Centurion Kunstefees waaraan leerders met groot welslae deelneem.

 

Rekenaarklasse, Witjassies, Dans en Dramaklasse word teen ‘n fooi deur ‘n buite-persoon by die skool aangebied.

IMG_0932.JPEG
bottom of page