Finansies
Skoolfonds en Finansies
CCLS is ‘n ouer-skool wat uit eie fondse (van die ouers) bedryf word. Die skool is geregistreer as ‘n Artikel 21 maatskappy (nie winsgewende bedryf).
- Om die huidige uitgawes te dek beloop skoolfonds R1550 per leerling per maand.
- Skoolfonds is maandeliks vooruit betaalbaar teen die 5e van elke maand vir 12 maande = R18,600 per jaar.
- Skoolgelde wat teen einde Feb 2012 ten volle vereffen is vir die hele jaar sal 5% afslag kry.
- Weens die lae skoolfonds in vergelyking met soortgelyke privaatskole is geen glyskaal van toepassing vir meer as een kind uit dieselfde gesin nie.
- ‘Registrasiegelde vir nuwe inskrywings is R3,600 per kind – eenmalig vooruit betaalbaar wanneer kind ingeskryf word. Hierdie registrasiegelde word gesien as ‘n nuwe leerlinge se bydrae tot die fasiliteite wat reeds gevestig is.
- Skoolfonds word deur die begroting bepaal en word jaarliks op ‘n algemene ledevergadering in die laaste kwartaal hersien.
- Vanaf 2014 sal daar glyskaal van toepassing vir meer as twee kinders uit dieselfde gesin. Kind drie sal 20% afslag kry, kind vier 30% en kind vyf 40%.
- Personeel se kinders al vanaf 2014 ‘n 30% afslag per kind ontvang
Ons probeer om skoolgelde so bekostigbaar as moontlik te maak vir elke Christen ouer wat erns maak met die opvoeding van sy kind. As u dus graag hierdie saak wil ondersteun is u welkom om ‘n finansiële bydrae te maak.

Ons onnies “moonlight” soms as die grafsteensangers om hulle eie finansies aan te vul
Bank besonderhede:
Centurion Christelike Laerskool
FNB tjekrekening
6235 104 8999
Pretoria Tak
Vir verdere inligting, kontak gerus die direksielid gemoeid met die skool se finansies:
finansies@lscenturion.co.za


